As Louis Trichardt se rugbymanne se goeie vertoning die afgelope naweek 'n voorskou was van wat rugbyliefhebbers eerskomende naweek kan verwag, beloof Saterdag, 12 Julie, se klubrugby op Louis Trichardt 'n ware fees van rugby. Louis Trichardt se eerste en derde rugbyspanne het Saterdag (5de) op hul tuisveld korte mette gemaak van onderskeidelik Letaba 1 en die Universiteit van Limpopo.
In die eerste wedstryd van die dag teen die Universiteit van Limpopo het Louis Trichardt se derdes hu...