Die Louis Trichardt Rugbyklub sal op 31 Oktober hulde bring aan spelers wat die afgelope jaar uitgeblink het tydens die klub se jaareindfunksie en prysuitdeling. In aanloop daartoe het klubvoorsitter Brian du Plooy die afgelope week teruggekyk op ’n baie suksesvolle jaar.
“Graag wil ek al ons borge bedank vir al hul ondersteuning deur die jaar. Sonder hulle sou ons nie kon bereik wat ons bereik het nie. Ons sou nie die klere, rugbytruie en alles wat die klub benodig het, kon bekostig ni...