Zoutpansberger
Sport

Louis Trichardt se krieketmanne buig die knie voor liga-voorlopers

Louis Trichardt tweede laaste op punteleer

By Andries van Zyl • 18 February 2026
Louis Trichardt se krieketmanne buig die knie voor liga-voorlopers

Louis Trichardt se krieketspan het tuis teen die Trophy Toyota Hornbills verloor in die Limpopo Premierliga. Hulle kon net 126 lopies aanteken, terwyl die Hornbills die wenlopies in die 29ste beurt behaal het. Louis Trichardt is tans tweede laaste op die punteleer.

Te midde van die opwinding van die huidige T20 Wêreldbeker word daar ook op plaaslike vlak krieket gespeel. Louis Trichardt se elftal het Sondag, 15 Februarie, op hul tuisveld te staan gekom teen die Trophy Toyota Hornbills van Polokwane in die volgende ronde van die 50-beurt Limpopo Premierliga-wedstryde. Ongelukkig vir Louis Trichardt het hulle die wedstryd met twee paaltjies verloor.

Die Hornbills het die loot gewen en besluit om die tuisspan eerste te laat kolf. Louis Trichardt se k...

Read more on our website