Louis Trichardt se krieketmanne het Sondag, 1 Desember, ten spyte van tuisveldvoordeel, vir die tweede agtereenvolgende wedstryd die wind van voor gekry in hulle Limpopo Premier-liga 50-beurt wedstryd teen 'n sterk Aces-span van Polokwane. Hulle verloor die wedstryd met 164 lopies.
Die Aces-manne gaan in om eerste te kolf en plaas 279 lopies op die telbord voordat hulle in die 48ste beurt uitgeboul word. Die telling was grootliks te danke aan Shawn Cross, in op nommer posisie drie, met...