Die koue en nat weer van Saterdag, 6 April, was nie genoeg om rugbyliefhebbers se geesdrif te demp nie, met die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag wat weer 'n goeie opkoms gehad het.
Die dag het weer 'n feesmaal van rugby opgelewer, met laerskoolrugby wat reeds van vroegoggend gespeel is. Die streek se senior spanne het mekaar hierna die stryd aangesĂȘ, met Louis Trichardt wat reeds vroeg in die seisoen weer gewys het waarom hulle verlede jaar van die top posisies op...