Die Louis Trichardt Rugbyklub se lopie in die Castle Lager Superliga het Saterdag, 8 Maart, tot 'n einde gekom toe hulle vasgeval het teen die Tuine Grizzlies (Blou Bulle) van Pretoria. Ten spyte van tuisveldvoordeel het die manne van Louis Trichardt met 59-21 die onderspit gedelf.
Louis Trichardt se konsentrasie het hulle op twee kritieke tye – aan die begin van beide die eerste en tweede helfte – in die steek gelaat. Skaars 15 minute in die eerste helfte in, het die Grizzlies reeds 2...