Zoutpansberger
Sport

Louis Trichardt val vas teen Naka Bulle

Louis Trichardt se Gold Cup-droom spat aan skerwe

By Andries van Zyl • 9 October 2025
Louis Trichardt val vas teen Naka Bulle

Louis Trichardt se Gold Cup-droom eindig met 'n 88-19 verloor teen Naka Bulle. Ten spyte van die telling, het die span passie en ywer getoon, veral in die eerste helfte. Hulle fokus nou op die Castle Lager Superliga.

Die Louis Trichardt Rugbyklub se lopie in SA Rugby se jaarlikse Gold Cup-reeks, vanjaar geborg deur Pick n Pay, het Saterdag, 4 Oktober, tot ’n einde gekom nadat hulle deur die Naka Bulle in Pretoria kafgedraf is. Met ’n verloortelling van 88–19 was dit ’n wedstryd van twee helftes, en die telling was nie ’n ware refleksie van die passie en ywer wat Louis Trichardt se manne na die wedstryd gebring het nie.

Louis Trichardt se manne het die Naka Bulle, die verdedigende kampioene, goed geh...

Read more on our website