Louis Trichardt se eerste en tweede rugbyspanne het die afgelope naweek vriend en vyand verras toe die eerstes die gedugte Northam Rhinos se eerste span naelskraaps met 24–23 geklop het, terwyl die tweedes met sewe punte elk gelykop gespeel het.
Wat die eerstes betref, was Louis Trichardt se puntemakers in die eerste helfte Louis Fourie, wat twee strafskoppe en 'n doelskop deur die pale gestuur het. Die doelskop het gevolg op 'n drie deur Denzel Dhlamini. Fourie het in die tweede helft...