Plaaslike aanhangers van kykNET se gewilde Boer Soek ’n Vrou-reeks is verlede Donderdagaand aangenaam verras toe nie net die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging (DBV) lugtyd as deel van die mees onlangse episode ontvang het nie, maar ook Marette Venter se pottebakkersateljee, Mud & Mingle.
Beide Marette en Alicia Thomas van die plaaslike DBV het ná afloop van verlede week se 12de episode van Seisoen 17 van die reeks gesê dat hulle letterlik gebrand het ...