"Sy was altyd sprankelend, vriendelik en 'n laggende mens, 'n voorbeeld vir ons almal," sê Gerrit Venter, 'n neef van Louise (uitgespreek Louie – sonder die "s") van der Schyff, wat Saterdagaand, 12 Julie, skielik oorlede is.
Louise (Louisa Francina, gebore op 5 Maart 1943) was 'n jarelange inwoner van Levubu. Sy het altyd by haar ouers, Andries en Annetjie van der Schyff (née Venter) ingewoon. Hulle is reeds lankal oorlede en was boere van Levubu. Louise het by haar suster en swaer, M...