Liezel Pennells skroom nie om aksie te neem nie - veral nie as dit kom by outisme nie. Tesame met 'n klompie ander mense is sy volstoom besig met 'n fondsinsamelingsveldtog vir die bewusmaking van outisme – spesifiek vir Wêreld Outisme Bewusmakingsdag op 2 April vanjaar.
Liezel het die inisiatief geneem om vanjaar 'n veldtog van stapel te stuur om plakkers te verkoop. Die opbrengs daarvan sal aangewend word vir die aankoop van addisionele terapeutiese speelgoed en toerusting by Green L...