Vir Donovan en Liezel Pennells van Louis Trichardt is 2 April nie net maar nóg 'n dag nie; dit is Wêreld Outisme Bewusmakingsdag. Deur na hulle verhaal te luister oor hulle dogtertjie Marli, en die deernis en ywer waarmee Liezel dit vertel, kan 'n mens nie anders as om met nuwe oë na outisme te kyk nie.
Marli is op 12 April 2019 gebore. "Ons het op so 14-15 maande agtergekom dat daar iéts omtrent haar is, maar ons kon dit nie plaas nie. Ons kon nege van die tien tekens op 'n Facebo...