McDonald's Suid-Afrika het 'n veldtog geloods wat daarop gemik is om verbruikers meer te vertel oor die kwaliteit van hul voedselprodukte, asook die klem wat die maatskappy plaas op volhoubare produksie en etiese werkswyses by verskaffers.
Die "Ken Ons Kos"-veldtog is daarop gemik om deursigtigheid te bevorder. Volgens McDonald's Suid-Afrika is hul klante toenemend geïnteresseerd in waar hul kos vandaan kom, wat daarin is en hoe dit voorberei word. Hierdie vrae is maklik om te beantwoo...