Zoutpansberger
News

Met 'n kruis op sy skouers: Reini Coetzee se epiese staptog vir geloof

Reini se roeping: 'n kruispad van geloof

By Andries van Zyl • 16 October 2025
Met 'n kruis op sy skouers: Reini Coetzee se epiese staptog vir geloof

Reini Coetzee stap met reuse kruis van Kaapstad na Jerusalem vir evangelisasie. Hy het reeds 1 850 km afgelê en vertrou op welwillende Suid-Afrikaners vir kos en slaapplek. Sy missie is om hoop te bring en vir 'n gebroke land te bid.

Straat-evangelis Reini Coetzee het op Maandag, 13 Oktober, Louis Trichardt binnegestap met ‘n reuse kruis op sy skouers, waarvoor hy nou al bekendheid verwerf het. Sy besoek het vir hom ’n kort ruskans gebied op sy epiese staptog vanaf Kaapstad tot in Jerusalem in Israel.

Teen Maandag was Reini al bykans sewe maande op pad en het reeds sowat 1,850 km agter die rug, nadat hy op 16 Maart by Seinheuwel in Kaapstad weggespring het.

“So ver het ek geen trauma of drama op die pad gehad ...

Read more on our website