Die warm en winderige toestande het die baan tydens vanjaar se Hanglip 54-gholftoernooi besonders moeilik gemaak en die vol veld van 128 spelers moes alles in die stryd werp vir 'n plek op die podium.
"Die weer het die baan so uitgedroog en moeilik gemaak, met sommige mense wat gesê het dat hulle nie weer kom speel nie," het klubpresident Inus Steyn van die Soutpansberg Gholfklub ná afloop van die toernooi gesê. Die klub het weer gasheer gespeel vir hierdie gholftoernooi wat vanaf 4 to...