Inwoners van Louis Trichardt en omstreke word gewaarsku dat 'n nuwe slenter tans die ronde doen. Persone wat moontlik agterstallig is met hulle munisipale rekenings word geteiken en gevra om omkoopgeld te betaal om te verhoed dat hulle elektrisiteitstoevoer afgesny word.
Inwoner Alex Cameron vertel hoe hy verlede Vrydag, kort voor die naweek, 'n WhatsApp-boodskap ontvang het van ene Rodwell Khumalo, onder die WhatsApp-naam "Head of Disconnection".
In die boodsk...