Nog 'n jarelange inwoner van Louis Trichardt, Julius Richardt Muller, ook bekend as Muller, is op 21 Desember ná 'n kort siekbed in die ouderdom van 89 jaar oorlede.
Julius is gebore op 14 Maart 1934 in Groblersdal. Hy het daar grootgeword en ook sy skoolloopbaan daar voltooi. "Daarna is hy Pretoria toe waar hy my ma, Magda ('n nooi Potgieter) ontmoet het - waarna hulle getroud is. My ma is reeds 15 jaar gelede oorlede. Sedertdien was my pa alleen," sê dogter Marian Pienaar.
Inw...