'n Onverwagte besoeker het Dinsdag, 23 September, vir bietjie paniek gesorg by Laerskool Louis Trichardt toe 'n Mosambiekse spoegkobra op die skoolterrein opgemerk is.
Die sowat 1,5 meter lange slang is die oggend deur voetgangers vanuit Celliersstraat gesien, terwyl hy langs die grensdraad op die terrein beweeg het. Hulle het een van die onderwyseresse, me. Megan Bayes, wat saam met haar klas besig was met Lewensoriƫntering op die sportveld, gewaarsku.
Omdat sy self nie die slang...