Die baie gewilde Munnik Meerkat-bergfietsuitdaging is op Saterdag, 20 September, weer deur die Munnik Boerevereniging aangebied. Heelwat van Louis Trichardt se trappers was weer daar om die dag te ondersteun.
Die Munnik Boerevereniging is een van die oudste boereverenigings in Suid-Afrika en is op 23 Februarie 1917 gestig. Die dorpie Munnik het eens 'n besige plaaslike boerderygemeenskap ondersteun, insluitend 'n spoorwegstasie, gemeenskapsaal, poskantoor, motorhawe, algemene handelaar,...