Dit gaan onder omstandighede goed met Musina sakeman Eric Libert. Volgens sy familie is hy uit die intensiewe-sorgeenheid van die Milpark Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas na 'n gewone saal.
Die 63-jarige Libert is omstreeks 14:30 op Maandag, 5 Mei, deur 'n man met 'n mes in Nasionale Weg in Musina aangeval. NĂ¡ verskeie messteke het omstanders van nabye minibus-taxi's nader gehardloop om Libert te help. Die aanvaller het toe op die vlug geslaan.
'n Erg beseerde Libert is na d...