Die 63-jarige mnr. Eric Libert, 'n bekende sakeman van Musina, was teen Dinsdag hierdie week steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg, nadat hy met 'n mes aangeval is.
Volgens beskikbare inligting van die polisie en familie het die skokgebeure helder oordag (omstreeks 14:30) in Nasionale Weg afgespeel op Maandag, 5 Mei. Libert het pas sy voertuig geparkeer en uitgeklim toe 'n man, vermoedelik een van die haweloses wat in die omgewing bly, hom teen ...