So in die stilte het die Zoutpansberger op Vrydag, 31 Januarie, sy 40ste verjaarsdag gevier. Van ons ouer lesers sal sekerlik nog die eerste uitgawe van 25 Januarie 1985 onthou, uitgegee deur die koerant se "vader", wyle Johann "Koerant" du Plessis. In Desember 2000 het Anton van Zyl die koerant oorgeneem.
Vir enige gemeenskapskoerant is dit ná soveel jare beslis 'n mylpaal om steeds kop-bo-water te hou. Die Zoutpansberger is een van slegs 'n handvol plaaslike koerant...