Zoutpansberger
Sport

Vis ietwat traag om te byt, maar hengelaars se geesdrif groot

NG Kerk Blouberg se fondsinsameling 'n sukses

By Andries van Zyl • 4 December 2025
Vis ietwat traag om te byt, maar hengelaars se geesdrif groot

Die NG Kerk Blouberg se visvangkompetisie by Schroda-dam het, ten spyte van trae byt, suksesvol fondse ingesamel. Bradley Warren het die grootste kurper gevang en Derick Potgieter die grootste tiervis, met altesaam 81 deelnemers wat die dag geniet het. Die gemeente bedank borge en deelnemers, en sien uit na volgende jaar se geleentheid.

Daar het Saterdag, 29 November, weer ’n paar mooi visse uitgekom tydens die NG Kerk Blouberg se visvangkompetisie by die Schroda-dam, Mapungubwe, ter fondsinsameling van die gemeente.

Ten spyte van reën die vorige aand het die dag mooi uitgedraai, maar volgens die organiseerders was die vis maar traag om te byt. Die vis wat wél gebyt het, het die hengelaars opgewonde gehad.

Bradley Warren van Musina se kurper van 2,355 kg het aan hom die eerste prys van R7,500 besorg vir die groot...

Read more on our website