Nie alle diere in gevaar kan altyd betyds gered word nie. Dit is die hartseer werklikheid wat plaaslike diereliefhebber Jan "Slang" van Rooyen van Big 5 Wildlife Rescue weer Sondag, 1 Junie, besef het.
Jan het vertel dat hulle net na 10:00 die oggend 'n oproep ontvang het van 'n bekommerde lid van die publiek. Die persoon het hulle meegedeel dat daar 'n man in die parkeerterrein by Shoprite is wat probeer om 'n klein wildsbokkie aan die publiek te verkoop.
Jan-hulle is dadelik n...