Die streek se eie en alombekende Nico Scheepers maak weer so: hierdie keer is twee van sy toneelstukke deur Protea Uitgewers uitgegee.
Die bundel se naam is: "Een vir Een" en die twee solostukke "Rooivalk" en "Moedertaal" is daarin vervat. Albei speel af op die plaas in Limpopo waar Nico grootgeword het. "Dit is die rede waarom ek die twee stukke graag saam in een bundel wou hê," sê Nico. Hy vertel opgewonde dat "Een vir Een" sy tweede publikasie is. Die eerste was: "Nêrens, Noord-Kaap...