Dat die behoefte vir hulp in die Soutpansberg-streek aan die toeneem is, blyk duidelik uit die statistieke wat Maandagaand tydens Bergcare se jaarvergadering beskikbaar gemaak is. Dié diensorganisasie het die afgelope jaar bykans 2,500 hulppakkies aan bejaardes en families uitgedeel.
Bergcare is 'n nie-winsgewende organisasie wat vanjaar al 10 jaar lank aktief in die dorp en omgewing betrokke is en gestig is om duplisering in hulpverleningsaksies uit te skakel en te probeer verseker da...