Die Soutpansberg Dorpswag het op 20 November hulle nuwe bestuur vir die komende jaar verkies tydens die hou van hulle algemene jaarvergadering.
Danie Pita dien weer as voorsitter en direkteur en kan geskakel word by tel. (082) 816-3492, terwyl FC de Beer, buiten vir die rol as direkteur, ook die ampte van ondervoorsitter en tesourier sal beklee. Hy kan geskakel word by tel. (084) 508-2301. Patricia Gerber sal weer dien as direkteur en sekretaresse. Haar nommer is (084) 604-0724. Donova...