Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt het op 3 Desember weer hul inwoners lekker bederf met die hou van hulle jaarlikse Kersete. As deel van die feestelikhede het die Kinderkomitee besluit om dinge ’n bietjie op te helder met ’n fotosessie waar inwoners hulself snaaks kon laat opmaak vir ’n foto saam met mede-inwoners en personeel.
Die bestuurder van Ons Tuiste, Kittie de Bruin, het van die geleentheid gebruik gemaak om die borge wat die Kersete moontlik gemaak het, te bedank, asook a...