‘n Laaste eerbetoon word vandag gebring aan Louis Trichardt se baie bekende oom Willie Agenbacht wat Sondagoggend, 8 Maart, in die ouderdom van 89 jaar oorlede is.
Volgens oom Willie se dogter, Ammi (Lo-Ammi) Schutte, het haar pa Vrydag ‘n hartaanval gehad, maar het Saterdag weer teruggekeer na sy huis. Hy is gedurende die vroeë oggendure van Sondag in sy slaap oorlede.
Oom Willie het in sy lewe wye draaie deur die land geloop en het ‘n ryk en vol lewe gehad. Daarvan getuig sy lew...