Die naam "Crooks Corner" vertel reeds 'n storie. En stories was daar gewis - verál in die vroeë twintigste eeu. Hier, in die verre noord-oostelike deel van die Krugerwildtuin, het 'n klompie bedrywighede plaasgevind. Lesers sal onthou dat die Zoutpansberger gedurende Maart 2016 oor Bvekenya Barnard berig het – die berugte olifantjagter van daardie omgewing.
Dit is in hierdie selfde omgewing waar 'n groep entoesiastiese argeoloë vanaf 1 tot 12 Julie vanjaar opgrawings by die te...