Johan Taute sal nie net onthou word vir die diep spore wat hy as polisieman in die Soutpansberg-streek getrap het nie, maar ook sy liefde vir boer en die natuur. Hy is op 20 Julie in die ouderdom van 82-jaar oorlede.
Johan Taute is op 5 Februarie 1943 te Groblershoop in die Kaap gebore. Hy het in 1960 aan Middelburg Hoƫrskool, Transvaal, matrikuleer. Sy vader, Willem Jacobus Grobler Taute (Willie) het by die destydse Departement van Waterwese gewerk en was gemoeid met die bou van die k...