Kontrakteurs het aan die begin van Mei sonder enige waarskuwing begin om Songozwistraat tussen Groblerstraat en die N1 in Louis Trichardt aan flarde te ruk, maar dit blyk dat alle werk inrussen gestaak is.
Munisipale woordvoerder Louis Bobodi sou later by navraag bevestig dat die kontrak deur die Makhado Munisipaliteit hanteer word vir die opgradering van die pad. Dit was op 8 Mei.
Twee weke later het alle konstruksiewerk intussen blykbaar gestop, met die pad wat in 'n stowwerig...