Dat alles nie wel is wat betref die kontrak vir die opgradering van dele van Songozwistraat in Louis Trichardt nie, is duidelik. Konstruksiewerk is weke gelede al gestaak, tot groot frustrasie van motoriste en plaaslike sakelui wat noodwendig deurentyd die stowwerige gemors moet verdra. Wat ook duidelik was, was dat die Makhado Munisipaliteit doelbewus gesloer het om antwoorde aangaande die projek te verskaf.
Kontrakteurs het aan die begin van Mei sonder enige waarskuwing begin om Song...