Die pastoor en drie lede van sy gemeente wat op kamera vasgelê is terwyl hulle 'n jong nonnetjiesuil "in die naam van Jesus" tydens 'n Sondagoggenddiens gemartel het, is Donderdag, 10 Oktober, swaar gestraf deur die Tshilwavhusiku-landdroshof.
Die klagte teen Pastoor Charles Mudau (wat homself as Profeet Mudau bekendstel) van die Potter's House Word Church in die Muduluni-woongebied in die Kutama-gebied, spruit uit 'n insident wat plaasgevind het tydens 'n regstreekse uitsending van ee...