Pastoor Jan Wilkins en sy vrou Corrie groet hierdie week die Soutpansberg en die Louis Trichardt-gemeenskap ná 27 jaar.
Die egpaar was vir dié tydperk betrokke in die bediening by onder meer die AGS Familie-gemeente, PPK en Lewende Woord. Hulle verhuis nou na Johannesburg vir 'n welverdiende aftrede en om nader aan hulle kinders en Jan se ma te wees.
"Ons het goeie jare op Louis Trichardt gehad. Dit was lekker om betrokke te wees, so ook by Bergcare, Helena van den Heever se Fee...