’n Langafstandatleet van Louis Trichardt, die 42-jarige Anél Roets, is gelukkig om te leef nadat sy Sondagoggend, 12 April, tydens ’n vroeë oggend-oefensessie deur ’n motoris in Hlangananistraat raakgery is. Die motoris het vanaf die ongelukstoneel weggejaag.
Anél en drie ander atlete het omstreeks 04:40 vanaf die klub se klubhuis (by die munisipale swembad) weggespring as deel van hul voorbereiding vir vanjaar se Comrades Marathon op Sondag, 14 Junie.
Sowat tien minute later, in ...