Ruiters van die Untamed Equestrian-klub op Louis Trichardt het uitgeblink tydens die nasionale Western Mounted Games wat vanaf 23 tot 27 September te Parys in die Vrystaat aangebied is.
Die ruiters het in 'n verskeidenheid dissiplines oor die vier dae deelgeneem, maar vir die doel van hierdie berig word slegs 'n opsomming gegee van hulle algehele prestasies. Daar is in die South African Western Mounted Games (SAWMGA) se silwer en goue kategorie meegeding, asook in die silwer en goue ka...