Ruiters en hul perde van die Untamed Equestrian-klub op Louis Trichardt het die afgelope naweek deelgeneem aan die kwalifiserende rondte van die South African Western Mounted Games in Polokwane en goed presteer.
Deelname was oor twee dae, met talle ruiters wat podiumplekke in algehele uitslae en Top 10 posisies ingepalm het. Deelnemers wat op Saterdag, 15 Junie, uitgeblink het, het ingesluit Layla Wolvaart op haar perd Monty (1ste in die Lead Rider-kategorie), Mieke M...