Louis Trichardt skrywer dr. Philip Venter het geen bekendstelling nodig nie. Van die 32 titels wat reeds uit sy pen verskyn het, is RauTem sekerlik dié een wat deesdae die meeste opspraak verwek.
Ouer lesers sal moontlik die misterie rondom die "Smit-moorde" in 1977 onthou. Die woorde RAU TEM is met rooi spuitverf op hulle woonplek in Springs se kombuismure asook die yskas aangebring ten tye van die koelbloedige moord op Robert Smit en sy vrou, Jeanne-Cora. Geen uitsluitsel is...