Dié was 'n besige krieketweek, met die Louis Trichardt Krieketklub se volgende ronde T20-wedstryde wat op die Louis Trichardt Ovaal beslis is.
Op 1 Mei het die Killers en die Strikers teen mekaar te staan gekom. Die Killers het eerste ingegaan om te kolf en 185 lopies vir die verlies van agt paaltjies (185/8) in hulle 20 beurte aangeteken. Die telling was grootliks te danke aan kolwer AC Geldenhuys se blitsige 59 lopies vanaf 23 balle, wat ingesluit het ses viere en vyf sesse. Dubbelsy...