'n Paar van Louis Trichardt se jong bergfietsryers het op 26 en 27 April aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by Thaba Trails in Johannesburg deelgeneem.
Selfs met 'n uitdagende en tegniese baan het die trappers uitmuntend presteer en selfs 'n podium plek ingepalm.
André van Ree neem deel aan beide die XCO- en XCC-wedren vir Youth mans en behaal 'n 21 plek in die XCC, maar kon nie die XCO voltooi nie. Elané Visser trap op haar beurt twee 12de plekke los in beide die X...