Verskeie van Louis Trichardt se bergfietsryers het Saterdag, 17 Februarie, Hoedspruit se hitte trotseer vir deelname aan die gewilde Mango Mania-bergfietswedren en met podiumplekke huiswaarts gekeer.
Kombo Bere trap vir homself 'n eerste plek los en stel ook 'n nuwe baanrekord op in die Elite-afdeling vir mans in die 70 km-wedren met 'n tyd van 2 ure en 24 minute. Sy spanmaat Daan Terblanche eindig sewende in die afdeling en algeheel 20ste in die 70 km. Die Mango Mania het gedien as go...