Hoërskool Louis Trichardt se skietspan het Saterdag, 12 April, aan die Buffelskiet-luggeweerkompetisie by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen deelgeneem en met verskeie podiumplekke weggestap.
Al die skuts het in die o.21-afdeling deelgeneem, met Anke Cronjé wat in die presisieskiet-afdeling deelgeneem het en die res in die o.21 Sporter-klas.
Anke behaal eerste plekke in die 3P (drie posisies) lê-, staan-, kniel en totaal-afdeling, 10 meter staan afdeling, groot totaal en beste Pre...