Met skok het oud-skoolmaats (matriekklas van 1982) van die tragiese afsterwe van prof. Elmarie Costandius (née Van der Merwe) op 8 Januarie 2024, verneem. Elmarie was onderhoofmeisie by Hoërskool Louis Trichardt in daardie jaar. Sy is op slag dood in 'n kop-aan-kop botsing buite Stormsrivier in die Oos-Kaap. Haar enigste kind, die 15-jarige Alexander, het daardie aand aan inwendige beserings beswyk.
Van die ouer lesers sal Elmarie se ouers, Frik en Annetjie van der Merwe, goed onthou. ...