Die Louis Trichardt Krieketklub se T20-liga het die afgelope naweek voortgeduur, met RCI en die Strikers wat Saterdag, 2 Maart, teen mekaar kragte gemeet het, en die Roaring Lions en Warriors wat Sondag, 3 Maart, mekaar die stryd aangesê het.
In die eerste wedstryd van die naweek het RCI ingegaan om eerste te kolf. Hulle kon 132 lopies vir die verlies van sewe paaltjies (132/7) in hulle toegelate 20 beurte aanteken. Vir RCI is dubbelsyferbydraes vanaf die kolf aangeteken deur Nimesh Wa...