Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se jongste seisoenale klimaatvoorspelling vir Desember 2025 tot April 2026, soos uitgereik op 30 November, dui daarop dat die huidige neutrale toestand van die El Niño-Suidelike Ossillasie (ENSO) binnekort na ’n swak La Niña kan oorgaan. La Niña bring gewoonlik meer reën oor die noord-oostelike binneland, en die weerdiens voorspel dat hierdie gebiede van Desember tot laat somer ’n verhoogde kans op bo-normale reënval het.
Die verwagte reën kan dam- en reser...