Die eerste noemenswaardig reënval sedert April vanjaar het vanaf Sondagaand oor groot dele van die Soutpansberg en selfs dele van die Kruger Nasionale Wildtuin uitgesak. Dit het grootskaalse verligting gebring vir veral boere wat tot op hede onder erge droogtetoestande gebuk gegaan het. Die lafenis het ook amptelik die begin van die somerreënvalseisoen ingelei.
Talle inwoners het sedert die begin van die jaar opgemerk dat die Soutpansberg en ook die Bosveld noord van die berg vanjaar h...