Die Louis Trichardt Rugbyklub skop Saterdag, 10 Mei, hulle provinsiale liga af met wegwedstryde teen die Northam Rhinos by Setaria Bushveld Park in Northam. Slegs Louis Trichardt se eerste en derde span sal deelneem in wat beslis taai eerste ronde wedstryde sal wees.
Louis Trichardt gaan vanjaar die provinsiale liga in sonder hulle hoofafrigter, Pieter Viljoen, wat in April bedank het. Die klub het hulle opregte dank teenoor Viljoen uitgespreek vir die groot hoogtes wat hy die klub die...