"My ma wou nie 'n normale begrafnis hê nie. Daar gaan 'n 'High Tea' vir haar in Pretoria gehou word. Dit was haar wens. Sy was regtig anders as ander mense," sê Jacomien Smith, dogter van Martie Oberholzer.
Martie, of "Juffrou OB" soos sy onder haar Hoërskool Louis Trichardt-leerders bekend gestaan het, is op 2 Augustus vanjaar in die ouderdom van 62 jaar oorlede. Martie het aan die einde van 2023 by Triegies afgetree. Sy en haar man, Kobus, het toe na Polokwane verhuis om naby Jacomie...