Duiweboere in die Noord Streek het die afgelope naweek aan hulle derde stel wedvlugte van die seisoen deelgeneem met die duiwe wat in 'n jaaroud- en opewedvlug vanaf Rustenburg oor 400 km meegeding het.
Die wind het lig suid-wes gewaai tot in Polokwane en na Louis Trichardt redelik sterk suid-oos begin draai. Tog was die temperatuur redelik laag en dit het die duiwe goed gepas, soos verwag kan word in Junie maand. Die duiwe het dus vinnig gevorder en ingeklok teen 'n gemiddelde spoed v...